OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van huisbraak en diefstal na ‘n man na bewering by ‘n plaaslike restaurant ingebreek het.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die man glo die tralies van die veiligheidshek by die restaurant se kantoor oopgebreek en so toegang tot die gebou verkry. Hy het ‘n skootrekenaar en kontant van R5 000 gesteel.
Enigiemand met inligting kan sers. Sharoné Flemmer by 044 203 9017 skakel.
Pierre Malherbe, eienaar van Jemimas waar die voorval gebeur het, het gesê dit het Sondagoggend ongeveer 01:30 gebeur.
“Die voorval is op kringtelevisie vasgevang. Ek is kwaad oor wat gebeur het. Die man het in my persoonlike spasie ingekom en goed gevat wat nie aan hom behoort nie.”
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'