KLEIN KAROO NUUSFLITS - Kannaland-munisipaliteit se drie Icosa-raadslede se poging om mosies van wantroue in die raad se topraadslede ter tafel te lê, het hulle buite die raadsaal gelaat, uitgesluit in opdrag van die speaker.
Namens die speaker, Aletta Theron, het die raad se woordvoerder, Ian Avontuur, volgehou dat Icosa-raadslede, Werner Meshoa en Jeffrey Donson, hul ernstig wangedra het tydens Donderdag 7 November se raadsvergadering.
Meshoa en Donson se verweer is dat hulle binne die ordereëls van die raad opgetree het en Theron geweier het om lank uitstaande mosies te hanteer.
Avontuur sê: "Raadslede Donson en Meshoa het hulself ernstig wangedra. Hulle is herhaaldelik gewaarsku, maar het voortgegaan met hul ontwrigtende optrede.
"Die speaker het die twee betrokke raadslede gevra om die raadsaal te verlaat. Hulle het geweier, waarop die raadsvergadering sonder die twee raadslede by 'n ander lokaal voortgesit is."
Lees vorige artikels:
- Vonke en water spat met raadsvergadering
- Vonke en water spat met raadsvergadering
- Chaos tydens Kannaland-Raadsvergardering
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'