Hierdie kleuterskool is geleë op die Buffelsdriftpad onderweg na die Kango-grotte. Die skooltjie sal deur die week oop wees vanaf 07:30 tot 13:00 vir babas en kinders tot en met vyf jaar.
Die SAPD se Vrouenetwerk het die skooltjie verlede week besoek en 'n mikrogolfoond asook klere oorhandig. Enige persone wat skenkings wil maak kan vir Judy Kellerman skakel by 073 133 5859.

Voor die Huis van Hoop van links: Cheri-Ann Pretorius (onderwyseres), me. Laura Schoeman, Marietta Jansen (onderwyseres), kapt. Evengeline Hector, sers. Lizelle Jonck, me. Judy Kellerman en Grieta Nel (SAP Vrouenetwerk).