OUDTSHOORN NUUS - Honderde Oudtshoorniete uit al die gemeenskappe het vandag in Baron van Reedestraat bymekaargekom om aan die langverwagte Jerusalema-uitdaging deel te neem.
Die burgemeester, Chris Macpherson het verlede week gesê hierdie is die ideale geleentheid waar alle Oudtshoorniete kan saamkom. Hy en verskeie raadslede het ook vandag deelgeneem.
Ingrid Noble, insieerder van Oudtshoorn se Jerusalema-uitdaging, sê daar was ongeveer 1 000 mense wat in twee groepe van 500 elk gedans het. Sy is baie opgewonde oor 'n volgende uitdaging wat mense glo die Wikkel-Wikkel noem.
Kyk video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'