Update
KAROO NUUS - Eskom is op koers met die herwinningsoperasie om elektrisiteitstoevoer te herstel aan kliënte in dele van die Karoo wat sonder krag gelaat is.
So lui 'n verklaring wat vandag, 8 Februarie, deur Eskom uitgereik is.
Dié onderbreking is die gevolg van sewe Eskom-transmissietorings wat Saterdagaand ineengestort het. Hierdie torings is tussen Touwsrivier en Laingsburg geleë, met verskeie omliggende dorpe wat geraak word.
Die Karoodorpe in die Wes-Kaap wat geraak word sluit Laingsburg, Ladismith, Leeu Gamka, Swartberg, Merweville, Matjiesfontein en Prins Albert in.
"Die geskatte tyd vir restourasie is volgende Donderdag, 15 Februarie," lui die verklaring.
Groot ingenieurskonstruksiespanne van beide die Oos-Kaap en Wes-Kaap werk 24 uur per dag terwyl hulle die beskadigde infrastruktuur rekonstrueer wat deur stormsterk winde en swaar reën veroorsaak is.
"Die huidige werk wat aan die gang is, behels die uitgrawing, samestelling en aankleding van strukture en die verwydering van bestaande ineengestorte strukture. Eskom vra om verskoning vir enige ongerief wat aan sy kliënte veroorsaak is en sal poog om die toevoer so gou moontlik te herstel. Eskom bedank al die geaffekteerde kliënte vir hul geduld."
Lees vorige berig hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’