Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Huis in Arnold de Jager-rylaan in die Toekomsrus-woonbuurt is Maandagoggend erg tydens 'n brand beskadig.
Volgens die huisbewoner, Sebriena Davids, was sy nie tuis toe die brand ontstaan het nie.
"Ek was net gou na my tannie se huis toe kinders my kom roep en sê dat ons huis besig is om af te brand. Toe ek tuis kom sien ek dat die bure reeds besig is om die brand te blus. 'n Rukkie later het die brandweer ook opgedaag. Behalwe vir die sitkamerstel het ons basies alles verloor. Davids sê sy vermoed dat iemand die huis opsetlik aan die brand gesteek het want alle muurproppe en elektrisiteit was volgens haar af toe sy die huis verlaat het.
"Die persoon wat ons vermoed die brand gestig het, is bekend aan ons," het Davids bygevoeg.
Niemand is tydens die brand beseer nie.
Brandbestryders dra 'n gebrande matras uit die huis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'