Video
OUDTSHOORN NUUS - ’n Huis in Arnold de Jager-rylaan in die Toekomsrus-woonbuurt is vanoggend erg beskadig tydens 'n brand.
Volgens die huisbewoner, Sebiena Davids, was sy nie tuis toe die brand ontstaan het nie.
"Ek was net gou na my antie se huis toe kinders my kom roep en sê dat ons huis besig is om af te brand. Toe ek tuis kom sien ek dat die bure reeds besig is om die brand te blus.
"’n Rukkie later het die brandweer ook opgedaag. Behalwe vir die sitkamerstel het ons basies alles verloor.
"Ons vermoed dat iemand die huis opsetlik aan die brand gesteek het want alle plugs en elektrisiteit was af toe ek die huis verlaat het. Die persoon wat ons vermoed die brand gestig het is bekend aan ons. "
Niemand is beseer tydens die brand nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die sitkamerbanke is al wat gered kon word.
Meeste besittings is deur die brand vernietig.
Brandbestryders nog druk besig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'