OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-erfeniswandelroete is Donderdagaand amptelik geopen.
Die roete waaroor die Oudtshoorn Courant verlede week berig het, is 'n kort historiese wandeling in Hoogstraat vanaf Kerkstraat tot by St. Saviourstraat en terug.
Daar is 17 geskiedkundige geboue aan weerskante van die straat in die een blok. Elke gebou se geskiedenis is op dromme met bougainvilleas op die sypaadjies aangebring.
'n Demper is Maandag op die positiewe inisiatief van Johan Breunissen geplaas toe hy ontdek dat iemand Maandag tussen 10:00 en 12:00 ses van die bougainvilleas uit die dromme verwyder het.
Een is ook verlede Saterdagnag uitgehaal.
Hy doen 'n beroep op besighede in die straat sowel as inwoners wat die straat gebruik om hulle oë oop te hou vir mense wat plante steel of die dromme beskadig.
Hazel Jonker (net regs van die drom) bekende erfeniskenner van Oudtshoorn gesels met belangstellendes tydens Donderdag-aand se opening van die erfeniswandel-roete. Foto's: Hannes Visser
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'