OUDTSHOORN NUUS - Eljada-Kairos Skool het op 2 November hulle jaarlikse borgefunksie by Ostrich Emporium gehou.
Mari-Lu Roller, onderwyser by Eljada-Kairos, het die aand gereël om die borge van die jaar te bedank.
Sy het genoem dat die borge Eljada-Kairos nog nooit teleurgestel het nie. "Sonder julle kan ons regtig nie voorbestaan nie."
Die hoofborg van die aand, Richo-Garden Route, se verteenwoordiger, Ralph Laruffa (verkoopsbestuurder van Richo-Garden Route), het gesê dat dit 'n voorreg is om die skool van diens te wees. "Hierdie is 'n geleentheid om met trots, 'n bydra tot die gemeenskap te maak."
Hennie Baartman, skoolhoof van Eljada-Kairos, het alle borge bedank. Hy het vertel dat daar twee vaardigheidskole in Oudtshoorn is en dit nie goedkoop is om dié skole sonder borge te bestuur nie.
"Ons wys geen kind weg nie, ouers met of sonder geld word aanvaar. Hierdie is 'n veilige hawe vir ons kinders, ons wil vir elke kind net die beste gee en sonder ons borge kan ons dit nie doen nie."
Die borge het 'n gesellige aand geniet met ligte versnaperings wat bedien is.
Van links is Hennie Baartman (skoolhoof van Eljada-Kairos), Enith Bekker (voorsitter van Eljada-Kairos se beheerliggaam), Mari-Lu Roller (onderwyser by Ejada-Kairos) en Ralph Laruffa (verkoopsbestuurder van Richo-Garden Route).
Daar is heerlike gesels en geëet.
Die dames het seker gemaak dat almal iets te drinke gekry het.
Die borge het 'n gesellige aandjie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'