Update
OUDTSHOORN NUUS - Drie mans wat vermoedelik met die gewapende roof van gister by Indraf Kafee verbind kan word, is vanoggend 10:15 op Unieplein in Oudtshoorn in hegtenis geneem.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is hulle vermoedelik buitelanders.
"Die polisie het inligting van die gemeenskap bekom en kon die arrestasie uitvoer. Die gesteelde goedere is nog nie gevind nie. Polisie kon ook nog geen wapen vind nie."
VORIGE ARTIKEL: Gewapende roof by kafee
Die verdagtes sal waarskynlik môre in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'