OUDTSHOORN NUUS - Ongeveer R10 000 kontant en ander goedere waaronder sjokolade en sigarette is vanmiddag tydens die gewapende roof by Indraf Kafee in St. Savioustraat gesteel.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was die eienaar van die winkel sowel as twee ander persone binne die winkel toe die drie verdagtes die winkel binne gaan.
Volgens Visser het hulle deur die rakke geloop en 'n vuurwapen op die eienaar gerig.
Visser het voorts gesê dat beeldmateriaal in die omgewing van die kafee 'n Toyota Avanza opgetel het wat drie mans by die winkel aflaai en weer oplaai.
Die nommerplaat van die voertuig kon nie geïdentifiseer word nie. Niemand is nog in verband met die roof in hegtenis geneem nie en dit blyk ook dat niemand tydens die voorval beseer is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'