TUINROETE NUUS - Die immergewilde Draakduin naby Vleesbaai, een van Mosselbaai se gewilde toerisme-aantreklikhede, het sy sterstatus verhoog deur deel te wees van die rolverdeling van 'n nuwe Afrikaanse fliek.
Die fliek wat vir kykNET vervaardig word, het Lika Berning as die regisseur.
Leon van Rensburg, wat jare reeds sinoniem met adrenliensport op dié befaamde duin is, berig dat die filmspan wat gedurende Februarie kom skiet het, se werk hom baie beïndruk het.
"Ek het al met filmspanne van regoor die wêreld gewerk en hierdie ouens het waarlik ongelooflike werk gedoen," berig Van Rensburg. Die filmspan is van Garden Route Media en is uit plaaslike talent aan die Tuinroete saamgestel. Die twee hoofakteurs, berig Van Rensburg, is ook van George.
Hy verwelkom die filmspan se aktiwiteit op die duin en blootstelling aangesien die Covid-19-pandemie 'n groot effek op sy besigheid gehad het.
"Ten spyte van 'n baie stil twee jaar, hou ons die duine skoon en in 'n top toestand. Die Suid-Afrikaners het ons deurgedra en ons sien nou so drupsgewys hoe die oorsese kliënte begin terugkom. Hieroor is ons baie dankbaar."
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
Die filmspan van Garden Route Media op die Draakduin.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'