OUDTSHOORN NUUS - Die stigter van die International Penticostal Assembly, pastoor Zato Albert Hanse, het tydens 'n spesiale geleentheid in die African Gospel Kerk in die GG-kamp sy universiteitsdiploma in teologie wat hy aan die Trinity International Bible University in Port Elizabeth verwerf het, ontvang.
Hy kon nie die amptelike gradeplegtigheid vroeër vanjaar in Port Elizabeth bywoon nie. Hanse het die graad, Doctor of Divinity (Honoris Causa), verwerf.
Die oorhandiging is deur dr. Thamsanqa Samuel Banzi van die universiteit waargeneem.
Hanse het die International Penticostal Assembly in 1989 gestig en staan aan die hoof van verskeie gemeentes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'