CALITZDORP NUUS - Die 65-jarige man van Calitzdorp, wat op verskeie aanklagte wat met seksuele misdrywe van minderjariges verband hou, het Dinsdag in die Oudtshoorn-landdroshof skuldig gepleit.
Die saak het in camera voorgekom omdat die name van die minderjarige klaers in die hof genoem is. Die media was dus nie toegelaat om die saak by te woon nie.
Micheal van Rooyen, 'n kunstenaar van Calitzdorp, het op onder meer verkragting, pornografie, seksuele aanranding, aanranding gewoon en ontbloting tereggestaan. Hy is op 4 November verlede jaar in hegtenis geneem en het in die Calitzdorp-landdroshof verskyn.
Hy is op 8 April vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Volgens Van Rooyen se advokaat, adv. Benito Metembo, is die klagtes van verkragting en pornografie teruggetrek, maar is hy op aanklag van seksuele aanranding, aanranding gewoon en ontbloting skuldig bevind.
Landdros Daniël Boks het Van Rooyen tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is en ook drie jaar korrektiewe toesig.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'