Update
OUDTSHOORN NUUS - Chris Macpherson burgemeester van Oudtshoorn, sê hulle is besig om 'n oplossing vir die lang rye buite die poskantoor te kry.
Hy het reageer op 'n navraag wat vanoggend gestuur is.
Die eerste probleem is dat die loopgang langs die Standardbank-gebou privaat eiendom is en dus nie gebruik kan word om die ry mense te herlei nie.
Die tweede probleem is dat daar nie mannekrag is om die groot groep mense die hele dag te reguleer nie, sê Macpherson.
"Ek en SAPS se brigadier probeer om elk keer vroeg daar te wees om die mense te reguleer maar mannekrag is 'n groot probleem. Ek het die saak persoonlik met Minister Mhkize en die GRDM opgeneem maar dit is veel erger by ander munisipaliteite. Die poskantoor het ook 'n verantwoordelikheid om maatreëls te skep," sê hy.
'n Verdere probleem is dat munisipale wetstoepassers nie die jurisdiksie het om te kan optree nie.
"Ons probeer om hulle distansies te laat handhaaf en laat die wat nie maskers dra nie, huis toe gaan. Ons het ook 'n versoek gerig dat hulle ander SASSA-punte vir hierdie uitbetalings gebruik, en wag vir 'n antwoord."
Vorige artikel: Besighede vra dat samedromming bestuur word
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'