Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Verskeie ondernemings in Kerk- en Hoogstraat is radeloos met die honderde mense wat reeds vir maande op sypaadjies saamdrom om toelaes by die poskantoor te ontvang.
Die besighede vra dat die munisipaliteit die proses bestuur om verlies aan inkomste van besighede te voorkom, maar ook om toe te sien dat die mense wat vir ure in rye staan, toegang tot water en sanitasiegeriewe het.
Een van die voorstelle is dat die ry by die leë Standardbank-gebou verbygaan en deur 'n loopgang tot by 'n oop parkeerruimte wat leegstaan.
Een van die besigheidsmanne, Johan Breunissen, sê die munisipaliteit of die departement van maatskaplike ontwikkeling, kan tydelike waterpunte en toiletgeriewe op die oop stuk grond aanbring.
"Daar is oplossings, iemand moet dit bloot ondersoek en toepas," het hy gesê. 'n Navraag oor die aangeleentheid is aan die munisipaliteit gestuur.
Die burgemeester, Chris Macpherson het intussen onderneem om die kwessie met die munisipale wetstoepassers op te neem.
Kyk 'n video hieronder:
Besighede vra dat die munisipaliteit die proses bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'