Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Verskeie meubelstukke en twee fietse is vernietig in 'n brand naby Zeekoegat vanmiddag.
Volgens Salman Hendriks was hy in sy duiwehok toe 'n seun hom waarsku dat die stoorkamer langs die duiwehok brand.
Hy het sy duiwe vrygelaat en probeer om die brand te blus, maar dit het te vinnig versprei.
Die brandweer was binne minute op die toneel sowat 7 km buite Oudtshoorn.
Die struktuur was toe reeds byna heeltemal uitgebrand.
Die oorsprong van die brand is nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die brand woed binne die stoorkamer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'