Update
OUDTSHOORN - Die Bongolethu-kliniek se tema van hulle ope dag verlede Vrydag was, Transgender-gay-lesbian.
Sr. Nadine Jackson het die geleentheid moontlik gemaak. Volgens haar was die idee van die dag om mense bewus te maak van LGBTQI+-gemeenskap in Oudtshoorn en dat ouers met kinders wat deel vorm van die gemeenskap hulle moet liefhê.
Rodney Gelant, burgemeester Chad Louw, raadslid Suzane Jansen, Willmac Kammies en dr. Corin Claassen was almal sprekers by die dag.
Gelant, 'n trotse lid van die LGBTQI+-gemeenskap, het Vrydag gesê dat hulle al jare probeer om meer bewusmaking te skep en dat hy voel dat daar geskiedenis gemaak is in Oudtshoorn.
"Om gay, lesbies of transgender te wees maak nie van jou 'n beter of slegter mens nie. Jy bly mens.
"Wat vir kinders die swaarste is, is om die nuus aan hulle families te breek, want hulle gee nie om oor die aanvaarding van die gemeenskap nie, maar wel van die familie. Families moet meer ondersteunend wees. Ek en sr. Jackson by die kliniek is altyd bereid om met ouers en kinders te gesels wanneer dit kom by aanvaarding van kinders wat gay is."
Jansen het gesê dat vroue moet opstaan vir hulself en dat lesbiër vroue net so 'n groot impak op die samelewing kan maak soos enige ander vrou.
"Staan op vir waarin jy glo en glo in wie jy is. Wees getrou aan jouself en moenie dat enigiemand vir jou sê wie en wat jy is, is verkeerd nie."
Claassen het aan die gemeenskap die gevare van seks verduidelik.
"Dit is nie net seks in heteroseksuele wat 'n gevaar is nie." Sy het ondermeer ook MIV/Vigs gepraat en toeskouers oor die Prep-pil vertel.
Volgens haar is dit 'n pilletjie wat iemand wat vermoed dat hulle dalk met MIV besmet gaan word kan gebruik.
"As jy vermoed jou maat het Vigs moet jy die pilletjie minstens sewe dae voor omgang met jou maat gebruik." Volgens haar kan enigiemand wat hierin belangstel na die kliniek gaan en meer inligting oor die Prep-pil vra.
Vorige artikel: Bongolethu-kliniek hou ope dag
Van links is Macwill Kammies, Rodney Gelant, Sazane Jansen, Chad Louw en Helen Human. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'