OUDTSHOORN NUUS - Die Bongolethu-kliniek se tema van hulle ope dag verlede Vrydag was, Transgender-gay-lesbian.
Sr. Nadine Jackson het die geleentheid moontlik gemaak. Volgens haar was die idee van die dag om mense bewus te maak van LGBTQI+-gemeenskap in Oudtshoorn en dat ouers met kinders wat deel vorm van die gemeenskap hulle moet liefhê.
Rodney Gelant, burgemeester Chad Louw, raadslid Suzane Jansen, Willmac Kammies en dr. Corin Claassen was almal sprekers by die dag.
Gelant, 'n trotse lid van die LGBTQI+-gemeenskap, het Vrydag gesê dat hulle al jare probeer om meer bewusmaking te skep en dat hy voel dat daar geskiedenis gemaak is in Oudtshoorn.
"Om gay, lesbiër of transgender te wees maak nie van jou 'n beter of slegter mens nie. Jy bly mens."
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Van links is Macwill Kammies, Rodney Gelant, Sazane Jansen, Chad Louw en Helen Human. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'