Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die suster van die man wat daarvan aangekla word dat hy die ma van sy kind gyselaar gehou en aangerand het, en haar vriend, moes Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof bontstaan om te antwoord op vrae van die landdros oor waarom hulle nie die erg beseerde Natasha Mei (31) gehelp het nie.
Streeklanddros Retha Pretorius wou van Ashley Campher en Hermanus Jullies, weet waarom hulle niks gedoen het om Mei te help nie.
Ashley se broer, Enver Campher, staan tereg op klagtes van menseroof en poging tot moord, na hy glo vir Mei vir drie dae in 'n slaapkamer in die huis van sy suster in Bongolethu toegesluit en aangerand het.
Ashley het getuig dat haar broer die huis se sleutels by hom in die kamer gehou het en sy nie kon uitkom om hulp te gaan soek nie. Sy het glo om hulp geroep maar niemand het daarop gereageer nie.
"By ons in die straat is dit elkeen vir homself en God vir ons almal," het sy getuig.
Sy kon ook glo nie by 'n venster uitklim nie en kon nie verduidelik waarom sy nie saam met haar vriend, Hermanus Jullies, uit die huis gegaan het die tye wanneer hy gaan werk het nie.
Jullies het getuig dat hy nie by familiesake betrokke wou raak nie.
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant.
Natasha Mei, in rolstoel, saam met familie. Heel inks is haar moeder, Fytjie Mei. Foto's: Garnett Wicomb
Lees verwante artikels:
- Campher se verhoor in Mei voortgesit
- Campher se verhoor in Mei voortgesit
- Saak teen Enver Campher na streekhof
- Suster van Enver Campher praat uit
- Opvolg: vrou gemartel en aangerand
- Opvolg: vrou aangerand en gemartel
- Poging tot moord-klag uitgestel
- Vrou vir dae gemartel en aangerand
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'