Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Patrick Rondganger (36), wat van moord op sy meisie se pa aangekla word, is Vrydag in die streekhof voorlopig tot 16 Februarie uitgestel omdat die landdros wat die saak hanteer nie in Oudtshoorn was nie.
Rondganger word daarvan aangekla dat hy in April 2022 die 60-jarige Eric Xaxaka van Bongolethu vermoor het en sy lyk in ‘n vlak graf onder twee yskaste in sy eie erf begrawe het.
Hy het daarna glo saam met familie van die oorledene en die polisie na Xaxaka help soek.
Hy het regshulp bekom nadat sy regsverteenwoordiger hom laat verlede jaar aan die saak onttrek het.
Hy is sedert sy arrestasie in aanhouding.
Eric Xaxaka
Vorige artikels:
- Vermeende moordenaar van meisie se pa in hof
- Patrick Rondganger-saak wéér uitgestel
- Patrick Rondganger-saak wéér uitgestel
- Rondganger-saak vir pleit vonnisoplegging uitgestel
- Rondgenger se saak is uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’