LADISMITH NUUS - Die gemeenskap van Ladismith neem vandag aan 'n vreedsame plakaatoptog voor die Ladismith-landdros deel.
Hul dring daarop aan dat borgtog aan die beweerde verkragter, wat 'n 9-jarige meisie glo op 11 Junie in Ladismith verkrag het, geweier word.
Die polisie het die man twee dae later in Oudtshoorn in hegtenis geneem.
Bradley Benadus, 'n gemeenskapsleier van Ladismith, het vandag 'n memorandum aan die staatsaanklaer in die saak oorhandig.
Hierin eis die gemeenskap dat borgtog aan die beweerde verkragter geweier word en ook dat hy nie langer in die Ladismith-gevangenis aangehou word nie.
"As gemeenskap voel ons vreesbevange in ons eie dorp," lees 'n deel van die memorandum.
Die gemeenskap van Ladismith neem vandag aan 'n vreedsame plakaatoptog voor die Ladismith-landdros deel.
Buite die Ladismith-landdroshof. Foto's: Verskaf
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'