Update
OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van die bakkie waarin twee inwoners van Volmoed op Sondag 17 Januarie gesterf het, het gister vlugtig op aanklag van strafbare manslag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Urban Nyembeni (22), word daarvan aangekla dat hy verantwoordelik was vir die dood van Simon Mei en Geraldine Nyembeni, albei 27.
Agt volwassenes en 'n sewejarige kind was passasiers op die bakkie wat omstreeks 02:00 die betrokke oggend vanaf Kliplokasie gery, die pad verlaat en 'n bloekomboom langs die pad getref het.
Simon Mei en Geraldine Nyembeni is op die toneel dood verklaar terwyl vier volwassenes en 'n kind beserings opgedoen en na die hospitaal geneem is.
Die bestuurder van die bakkie was nie op die toneel met die aankoms van die polisie nie.
Hy is die Sondagmiddag na die Oudtshoorn-hospitaal waar hy behandeling vir sy beserings ontvang het en daarna ontslaan is.
Landdros René Gerber het die saak gister tot 2 Februarie uitgestel vir Nyembeni om 'n regsverteenwoordiger aan te stel. Hy is op waarskuwing vrygelaat.
Adjudant-offisier Piet Hendricks is die ondersoekbeampte.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'