Update
NUUTSTE OPVOLG @ 12:14 - Die Oudtshoorn Courant het gevra vir toegang tot die bandopname van Vrydag se raadsvergadering waar die besluit oor die munisipale bestuurder geneem is.
'n DA raadslid het vanoggend kapsie gemaak teen ons berig van gister waarin na 'n eenparige raadsbesluit verwys is. Volgens hom het drie van hulle buite stemming gebly.
'n Ander DA raadslid het vandag gesê die drie raadslede het slegs in die koukusvergadering aangedui dat hulle nie saamstem nie, maar in die raadsaal het die speaker die besluit as, "eenparig" genotuleer aangesien niemand aangedui het dat hulle buite stemming bly nie.
Die resolusie is aan gevra en die koerant sal daar volgens berig gee.
OORSPRONKLIKE ARTIKEL:
OUDTSHOORN NUUS - Die raadsbesluit Vrydag 31 Januarie, om die munisipale bestuurder, Allen Paulse, vir drie maande op verpligte verlof met volle betaling te stuur, was beslis nie eenparig nie.
So het DA raadslid, Johan Fourie vanoggend gesê en beklemtoon dat die persverklaring wat gister vanaf die munisipaliteit ontvang is waarin gesê word die raadsbesluit was eenparig, misleidend is.
“Ek en Julia le Roux en George Kersop het beslis nie vir die stap gestem nie,” het hy telefonies gesê in reaksie op die berig wat gister deur die Oudtshoorn Courant geplaas is.
Op ‘n vraag wie die persverklaring goedgekeur het, het hy geantwoord dat hy nie weet nie, maar dat dit nie die ware omstandighede van die kwessie weergee nie.
Die kwessie is in komitee hanteer en in sulke gevalle is daar geen amptenare teenwoordig nie.
Vorige artikel: Munisipale bestuurder op verpligte verlof
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'