Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn Courant kon nog nie amptelik bevestig dat die burgemeester gister ‘n skikkingsooreenkoms van die DA se federale raad van die hand gewys het nie.
Volgens berigte op sosiale media het die DA glo gister aangebied om hulle sake teen die burgemeester, Colan Sylvester, terug te trek as hy op sy beurt instem om klagtes wat hy teen die munisipale bestuurder, Allen Paulse gelê het sal terugtrek.
Volgens die berigte het Sylvester die aanbod van die hand gewys en gesê die verhoor moet verloop soos wat dit moet.
Die DA het reeds verlede jaar ‘n aantal klagtes teen die burgemeester gelê wat glo voortspruit uit die verbrokkeling van vertroue tussen hom en die munisipale bestuurder.
Die verhoor van die burgemeester wat teregstaan op elf klagtes, het gister in die Queen’s Hotel begin, maar is tot vandag uitgestel nadat die skikkingsooreenkoms glo van die hand gewys is.
Navrae is aan die DA en die kantoor van die burgemeester gestuur.
Kyk 'n video hieronder:
Die verhoor van die burgemeester wat teregstaan op elf klagtes, het gsiter in die Queen’s Hotel begin.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'