CALITZDORP NUUS - Die Calitzdorp-polisie vra die hulp van die gemeenskap na Julie Tok (72) op 1 Oktober vermis geraak het.
Volgens ao. Werner Botha van die Calitzdorp-polisie, het Tok ongeveer 17:00 verlede Dinsdag sy huis verlaat.
"Die vermiste man is glo ongeveer 18:00 die laaste keer gesien toe hy op die R62 in Oudtshoorn se rigting geryloop het. Hy het 'n verstandlike gestremdheid, hoë bloeddruk en is 'n epilepsielyer."
Tok het 'n swart sweetpakbroek, swart blokkies top, 'n kep en nuwe tekkie ten tye van sy verdwyning aangehad.
Enigiemand met inligting kan Botha by 044 213 8800 of 082 778 7114 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'