Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vonnisverrigtinge in die sake van twee adjunk-balju's van Oudtshoorn wat skuldig bevind is aan bedrog, vervalsing en meineed is tot volgende maand uitgestel.
Die vonnisoplegging van Luwayne Wagenaar is tot 6 November en die van Daniël Wagenaar tot 16 November uitgestel. Luwayne Wagenaar is dertien aanklagte en Daniël Wagenar op agt.
Dit volg nadat 'n derde adjunk-balju, Nigel Cupido, op 9 Oktober deur landdros Johan Steynberg tot 'n boete van R8 000 of ses maande gevangenisstraf gevonnis is nadat hy skuldig bevind is op veertien aanklagte van bedrog.
Die beskuldigdes is daarvan aangekla dat hulle verskeie dagvaardings afgelewer het, maar dit nie persoonlik aan die betrokke persone beteken het nie.
Die dagvaardings is aan enigiemand by die betrokke adresse, byvoorbeeld 'n huishulp of sekerheidswag, afgelewer en die handtekening van die persoon wat dit moes ontvang, vervals.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'