- Die dagvaarding word by enigiemand by die adres afgelewer en die handtekening van die persoon wat dit moes ontvang, word vervals.
- n Derde party teken wel vir die dagvaarding (byvoorbeeld 'n huishulp of sekerheidswag), maar die handtekening word dan voorgehou as dié van die persoon wat die dokument regmatig moes ontvang.
- In gevalle waar die persoon, teen wie die dagvaarding uitgereik is, weier om daarvoor te teken moet die balju 'n beëdigde verklaring aflê waarin dit bevestig word. Dit het aan die lig gekom dat sulke beëdigde verklarings glo afgelê word sonder dat daar met die betrokke persone gepraat is en sonder dat hulle die geleentheid gegun is om daarvoor te teken.