DYSSELSDORP NUUS - Die vrou wat aan moord op haar pasgebore babaseuntjie skuldig bevind is, en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis is, wil ‘n aansoek bring om teen haar vonnis te appelleer.
Haroldene Korkee (42), ‘n ma van drie kinders en ouma van een kleinkind, het op 15 Oktober 2019 in ‘n toilet geboorte aan die seuntjie geskenk en geweier om van die toiletpot op te staan toe vroue haar wou help.
Sy het in April 1999 ook probeer om haar eerste kind te vermoor deur haar na geboorte in ‘n gangetjie in Adonisweg, Dysselsdorp, met sand toe te gooi.
LEES MEER: Agt jaar vir babamoord
Korkee was op Donderdag 29 Julie in die hof vir ‘n aansoek om verlof tot appèl, maar die saak moes uitgestel word omdat die landdros wat haar gevonnis het in isolasie was. Die saak is voorlopig deur streeklanddros Daniel Boks tot verlede Vrydag uitgestel is.
Sy is egter nie Vrydag van die gevangenis na die hof gebring nie en die saak is deur streeklanddros Ntsoki Moni tot Vrydag 20 Augustus uitgestel.
Vorige artikels:
- Agt jaar vir babamoord
- Babamoordenaar Donderdag gevonnis
- Regsman onttrek in saak
- Vrou in hof na baba glo versmoor is
- Vrou in hof vir baba se dood
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'