OUDTSHOORN NUUS - Bridgton Senior Sekondêre skool se 2019-matrieks het 'n algemene slaagpersentasie van 81,6% behaal. Altesaam 173 leerders het die eksamen afgelê waarvan 39 nie die paal gehaal het nie.
Die skool spog ook met 57 leerders wat matriek-universiteitstoelatings het.
Die skool het ook, soos verlede jaar, 'n kontantbedrag vir die toppresteerders gegee.
Die skool se twee toppresteerders was Lauren Middlecamp, wat slaag met vier onderskeidings - in Engels, Lewensorientering, Besigheidstudies en Ekonomie - en Fébe Boois wat met drie onderskeidings in Afrikaans, Engels en Lewenswetenskappe slaag.
Middlecamp beoog om aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer (B.Rek) terwyl Boois mikrobiologie by die Universiteit van Vrystaat gaan studeer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'