Update
OUDTSHOORN NUUS – Die identiteit van die 23-jarige vrou wat op 6 Oktober op die De Rust-pad in 'n motorongeluk gesterf het, is bekendgemaak.
Gertruda Rebecca Nathan (Becca), is die moeder van die 4-jarige seuntjie wat saam met haar in die voertuig was toe die tragiese ongeluk plaasgevind het.
Volgens ao. Gretchen Michaels, woord-voerder van die Oudtshoorn-polisie, is die bestuurder van die voertuig getoets vir dronkbestuur en mag sy identiteit nog nie bekendgemaak word nie.
Sheila Nathan en Jafhta Tarentaal, ouers van die oorledene, sien tans om na hulle oorlede dogter se seuntjie.
"Ons sal hom nou grootmaak," en sy roep die seuntjie nader om te wys waar hy seergekry het. "Hy wil nou glad nie in 'n kar klim nie, hy sê dit gaan val."
Becca het in Lategansvlei skoolgegaan en het ook daar groot geword.
Die roudiens sal Saterdag 15 Oktober by Nathan en Tarentaal se huis plaasvind. Becca word oorleef deur haar pa, ma, kind, twee broers en suster.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'