Update
OUDTSHOORN NUUS - Die identiteit van die 23-jarige vrou wat gisteraand in 'n motorongeluk op die Dysselsdorp-pad oorlede is, is nog nie bekendgemaak nie.
Die voorval het gisteraand, 6 Oktober, omstreeks 17:45 plaasgevind.
Volgens ao. Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was die oorledene ‘n passasier en het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor.
Daar was drie kinders in die voertuig, waarvan een ‘n ses maande oue baba is. Al drie die kinders is beseer en gisteraand per ambulans na die hospitaal geneem. 'n Saak van strafbare manslag is geopen.
Vorige artikel: Jong vrou sterf op De Rust pad
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'