KLEIN KAROO NUUS - 'n Ongeluk op die De Rust-pad het vanaand, 6 Oktober, die lewe van 'n 23-jarige vrou geëis.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was daar net een voertuig in die ongeluk betrokke en is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend.
'n Saak van strafbare manslag sal geopen word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'