TUINROETE NUUS - Een persoon is dood ná die bestuurder van 'n VW Polo beheer verloor het oor sy voertuig op die N12 naby Klipdrif in die rigting van Oudtshoorn.
Vyf insittendes het ook ernstige beserings opgedoen.
Die bestuurder van die voertuig was na bewering onder die invloed van alkohol en is op die toneel in hegtenis geneem.
Beide bane is gesluit vir verkeer terwyl nooddienste die toneel opruim.
Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’