OUDTSHOORN NUUS - Sandra Snyman (62) is verlede week op borgtog ingevolge Artikel S 62 (f) vrygelaat. Sy staan tereg op 42 aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal.
Sy het glo beleggers uit meer as R3 miljoen geswendel.
Die staatsaanklaer, Danelle van der Westhuizen, het aanvanklik die aansoek teengestaan.
Snyman se regsverteenwoordiger, Rasaad Goliath, het die hof vir ‘n korrektiewe verslag gevra omdat Snyman nie ‘n vlugrisiko is nie en oor ‘n vaste adres beskik.
Landdros Zuastrid Deyce het na ontvangs van die korrektiewe verslag, wat Snyman as ‘n kandidaat vir korrektiewe toesig bevind het, haar op waarskuwing vrygelaat en haar gewaarsku dat sy tot die afhandeling van die saak in aanhouding sal bly indien sy nie bly by die korrektiewe toesigvoorwaardes nie. Die saak is daarna tot 3 Desember uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’