OUDTSHOORN NUUS - Shirley Witbooi (64) is gistermiddag, Donderdag 1 September, deur haar man, Karel Witbooi, dood in 'n plas bloed in hul huis in Smartie Town (Sipho Croma straat) aangetref.
Volgens Karel, wat in 'n rolstoel is, was hy die betrokke dag nie by die huis nie en het hy die liggaam ongeveer 16:45 gistermiddag ontdek.
Die Oudtshoorn Courant het verneem dat 'n verdagte gisteraand alreeds in verband met die saak deur die polisie in hegtenis geneem is.
'n Navraag is na die Oudtshoorn-polisie gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'