Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die probleem met straatkinders in Oudtshoorn het Woensdagmiddag weer kop uitgesteek in Voortrekkerweg, reg langs Oudtshoorn Courant se kantoor.
’n Jong seun is deur ’n sekerheidswag van Checkers weggejaag. Die seun het oor die straat gevlug en op die middelmannetjie in Voortrekkerweg klippe opgetel wat hy na mense op die sypaadjie begin gooi het.
Twee vensters van ’n nabygeleë besigheid het in die slag gebly.
Die seun het verder in Hoogstraat, in die rigting van Langenhovenweg, gehardloop. Hy is egter vinnig ingehardloop, maar omstanders het oproerig geraak en die kind het losgeruk en weer klippe na mense en voertuie gegooi. Twee voertuie se ruite is beskadig.
Die polisie is na die toneel ontbied, maar die seun was reeds weg. Ná die voorval het ’n groep kinders, wat saam met die seun beweeg het, Oudtshoorn Courant se mure met spuitverf bygedam.
Dié nuutste voorval stook kommer oor die toenemende teenwoordigheid en betrokkenheid van straatkinders by die beskadiging van eiendom in die middedorp en ander misdrywe.
Kyk die video hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’