OUDTSHOORN NUUS - 'n 9-Jarige meisie van Rosevalley het Vrydag 28 Maart aan haar beserings in George-hospitaal beswyk nadat sy Donderdagaand, 27 Maart, omgery is.
Jeronique 'Niekie' Damons se dood het inwoners, familie en vriende in skok gelaat. Volgens inligting was 'n tweede persoon ook betrokke in die voorval, maar teen saktyd was die inligting nog nie beskikbaar nie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die plaaslike polisie na die toneel ontbied.
"Met hul aankoms het hulle 'n slagoffer gevind wat mediese sorg op die toneel ontvang het. Nog 'n slagoffer is na George-hospitaal geneem waar sy later dood verklaar is. Oudtshoorn-speurders ondersoek tans 'n saak van strafbare manslag."
Oudtshoorn Community Against Crime beoog 'n kranslegging op Donderdag 3 April in Rosevalley waar die ongeluk plaasgevind het.
Oudtshoorn Courant kon nie daarin slaag om met die familie van die meisie te gesels nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’