OUDTSHOORN NUUS - Die verlofaansoek van Audrey Matroos (46) van Blomnek, De Rust, wat haar saamleefmaat doodgesteek het, om teen haar vonnis van tien jaar te appélleer, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof van die hand gewys.
"Vroue moenie verwag dat hulle in die hof anders as mans behandel moet word nie," het streeklanddros Ntsoki Moni, gesê in die vonnisoplegging van Matroos.
Matroos het op 19 November 2023 die 47-jarige Kerneels Martinus, met ‘n broodmes in sy bors gesteek toe sy glo na ‘n waterhouer gesteek en hom, volgens haar, per ongeluk raakgesteek het.
'n Maatskaplike werker het aanbeveel dat Matroos ‘n vonnis opgelê moet word waarvan sy ten minste ‘n sesde agter tralies moet deurbring.
Die staatsaanklaer, Mervan Saaiman, het Matroos se aansoek teengestaan omdat die vonnis nie buitensporig is nie, en die hof afgewyk het van de minimum vonnis van vyftien jaar.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’