Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van nege verdagtes, wat van gewapende roof en menseroof aangekla word, kon nie Maandag 22 September in die Oudtshoorn-streekhof voortgesit word nie omdat een van die tolke nie teenwoordig was nie. Meeste van die verdagtes is buitelanders.
Tien verdagtes, waarvan beskuldigde nommer een in die tronk oorlede is, het glo op 22 Oktober 2021 die eienaar en werknemers van die SWD Groentemark in Oudtshoorn met speelgoedvuurwapens gedreig, vasgebind en van sowat R30 000 en vyf selfone beroof.
Hulle is egter nog dieselfde dag naby Prins Albert in hegtenis geneem.
Sers. Shaun Konstabel van Prins Albert het getuig hoe die Quantum-bussie waarmee agt van die verdagtes op die vlug geslaan het, buite Prins Albert voorgekeer is en hulle in hegtenis geneem is. Hy het ook bevestig dat die wapens speelgoedwapens was.
Die landdros het gesê dit is 'n onaanvaarbare situasie. Hy het amptenary versoek om seker te maak dat al die tolke op 2 Oktober by die hof sal wees.
Brandon Smith is die aanklaer en die verdagtes word almal deur Brian Carelse van die plaaslike Regshulpraad verteenwoordig.
Adjudant-offisier Wilfred Apollis is die ondersoekbeampte.
Vorige artikels:
- Vermeende rowers vertraag saak
- Groentemark- rowersaak weer uitgestel
- Borgtog aan vermeende rowers geweier
- Groentemarksaak uitgestel
- Borgtogsaak van 10 volgende week
- Gewapende rowers binne ure vas
- Vermeende rowers vas
- Nog 'n gewapende roof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’