Gallery Update
DYSSELSDORP NUUS - ’n Groot groep Dysselsdorpers het gister, 23 Mei, opgedaag vir die kranslegging vir die baba wat verlede Donderdag aan die brand gesteek is.
Dié afgryslike daad het inwoners warm onder die kraag en geen haan het nog gekraai oor die identiteit van die ouers óf die man wat die baba aan die brand gesteek het nie.
Die baba is verlede Donderdag in die Asla-woonbuurt deur ’n onbekende man aan die brand gesteek.
Die kranslegging is deur gemeenskapsleier en stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, Leon Campher, gereël.
Behalwe vir die gemeenskap, was daar baie rolspelers van die polisie, skole, geestelike leiers, die kliniek en ACVV teenwoordig wat hard met die gemeenskap gepraat het oor hul verantwoordelikheid om met inligting na vore te kom. Daar is ook onbeplande swangerskappe en die verantwoordbaarheid van ouers gepraat.
Die stasiebevelvoerder, kapt. Xhanga, het inwoners gevra om die speurders met inligting oor die voorval te nader.
Die stasiebevelvoerder en Leon Campher. Foto: Liezl van Niekerk
Fotogalery: Gemeenskap saam in rou vir baba met geen naam
“Die baba het ’n ma en iemand weet wie sy is. Die baba gaan daar wees as jy jou oë oopmaak en as jy jou oë toemaak en nie die skuldiges met rus laat nie. Iemand moet iets weet en ons vra die gemeenskap om die inligting met die polisie te deel. As jy weet en niks sê nie, is jy ook skuldig,” het sy gesê.
Die ondersoekbeampte, sers. Daniel April. Enigiemand met inligting kan hom by 079 893 9962 kontak.
Lees die volledige berig in volgende week se koerant.
Vorige berig
Nog geen arrestasies na baba-brand
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’