OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van 'n vermeende dwelmsindikaat wat op 19 Mei in die Oudtshoorn-streekhof sou begin en vir vyf dae op die hofrol was, is tot Oktober uitgestel omdat een van die verdagtes se regsverteenwoordigers weens siekte nie by die hof kon wees nie.
Die 16 verdagtes, 13 mans en drie vroue, staan tereg op altesaam 54 aanklagte van handel in dwelms en geldwassery.
Vier van hulle, Manfred John die hoofverdagte wat reeds jare met dwelms in Oudtshoorn handel, Wilbur Paulsen, Arlington Hurling en Shaun Hendricks, word aangehou terwyl agt op borgtog is.
Ann Erasmus en Madalyna Adams is op waarskuwing, terwyl Chantelle Manewil en Louis Emezuo tans vonnisse uitdien.
Die saak dien voor streek-landdros Mazebuku van Beaufort-Wes en Brandon Smith is die aanklaer.
Die nuwe verhoordatums is van 27 tot 31 Oktober.
Vorige berigte:
- Saak teen dwelmsindikaat uitgestel
- Hawks take down huge Southern Cape drug syndicate
- 16 in court for involvement in drug-trafficking syndicate
- Saak teen vermeende dwelmsindikaat uitgestel
- 16 Borgtoguitsprake van dwelmsindikaat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’