OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 16 verdagtes, vermoedelik 'n dwelmsindikaat, wat gesamentlik teregstaan op altesaam 54 aanklagte van handel in dwelms en geldwassery, is Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof vir 'n voorverhoor konferensie tot 24 Junie uitgestel.
Streeklanddros Daniel Boks het met die verdagtes se eerste streekhofverskyning laat verlede jaar dit duidelik gestel dat die saak nie weer na 'n ander hof oorgeplaas sal word nie.
Die staat is volgens die staatsaanklaer, Brandon Smith, gereed om met die verhoor te begin omdat die polisie-ondersoek voltooi is.
Vyf van die verdagtes, Manfred John, Wilbur Paulsen, Arlington Hurling, Shaun Hendricks en Louis Emezo bly in aanhouding terwyl die borgtog en borgtogvoorwaardes van Reginald Fielies, Melvin Jacobs, Marshall Mc Clune, Vladimar Gordon, August Wild, Vivian Arries, Vincent Goba en Emile Jonas verleng is.
Ann Erasmus, Chantelle Manewil en Magdalene Adams is op waarskuwing vrygelaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’