OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van ’n vermeende dwelmsindikaat het verlede week in die Oudtshoorn-streekhof begin en is tot 1 Desember uitgestel nadat een van die beskuldigdes, Reginald Fillis, ’n aansoek gebring het oor die hof se jurisdiksie.
Staatsaanklaer Brandon Smith het die aanklagte teen die vyftien beskuldigdes aan die hof voorgelees. Veertien van hulle het onskuldig gepleit en aangedui dat hulle van hul swygreg gebruik sal maak.
Die beskuldigdes wat teregstaan, is Manfred John (39), Madalyna Adams (29), Vincent Goba (52), August Wild (51), Ann Erasmus (62), Vivian Arries (51), Wilburg Paulsen (42), Arlington Hurling (43), Shaun Hendricks (43), Chantelle Manewil (29), Louis Emezo (39), Malvin Jacobs (47), Reginald Fillis (61), Vladimir Gordon (39) en Emile Jonas (37). Hulle staan tereg op altesaam 54 aanklagte wat onder meer handel in dwelms, besit van dwelms, geldwassery en rampokkery insluit.
’n Sestiende beskuldigde, Marshall McLune (37), is in Desember verlede jaar oorlede.
Van die beskuldigdes bly in aanhouding nadat borgtog geweier is, insluitend Manfred John, Wilbur Paulsen, Arlington Hurling en Shaun Hendricks. Borgtog is wel toegestaan aan Reginald Fillis en Melvin Jacobs, terwyl Vladimir Gordon, August Wild, Emile Jonas, Vivian Arries en Vincent Goba op borgtog vrygelaat is. Ann Erasmus en Madalyna Adams is uit op waarskuwing, en Chantelle Manewil en Louis Emezo dien tans vonnisse uit.
Regsverteenwoordigers vir die beskuldigdes sluit onder meer Levendal, Brian Carelse en Lineen Swarts in.
Vorige berigte:
- Verhoor van dwelmsindikaat eers in 2026
- Saak teen dwelmsindikaat uitgestel
- Hawks take down huge Southern Cape drug syndicate
- 16 in court for involvement in drug-trafficking syndicate
- Saak teen vermeende dwelmsindikaat uitgestel
- 16 Borgtoguitsprake van dwelmsindikaat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’