Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Dieselfde God wat die hemel en die aarde gemaak het, het ook vir jou en my gemaak. Hy gee aan ons elkeen die opdrag om vir die wêreld van Hom te gaan vertel. En jy word uitgenooi om dit saam met nuwe vriende in 2025 te kom doen.
Koinonia Discipleship Training Academy skep vir jou 'n unieke geleentheid om 'n jaar van jou lewe neer te lê vir Jesus. Die Here is so waardig dat jy jou lewe vir 'n jaar lank opsy kan skuif en aan God kan toewy.
So 'n toewydingsjaar is 'n roeping om nie net toeskouers te wees nie, maar aktiewe deelnemers te wees in die verspreiding van die Evangelie en die uitbouing van 'n Koninkryk wat gegrond is op Christus se liefde en geregtigheid.
Ons fasiliteite in Mosselbaai bied 'n tuiste vir tot 30 persone in luukse wooneenhede. Elke eenheid huisves twee tot vier persone wat deel en is volledig toegerus met alle nodige toebehore en Wi-Fi.
Ons kurrikulum is spesiaal so ontwerp dat dit die Skrifgefundeerde grondslag vorm waarop ons visie en waardes gebou is. Daarom is ons aanbiedings uniek en eie aan die KDTA-kultuur.
Is jy bereid om jouself te bekwaam as 'n dissipel van die Allerhoogste? Indien jou antwoord "Ja" is, is Koinonia Discipleship Training Academy beslis vir jou! Doen sommer dadelik aansoek vir toelating.
Besoek vandag nog ons webtuiste om in te skryf vir 2025!
Kontak ons:
info@koinoniadiscipleship.co.za
082 806 8895
www.koinoniadiscipleship.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’