Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - Holistic Rebirth, 'n refkleksologie-praktyk open hul deure op 2 Desember in Oudtshoorn in Hoogstraat 177C onder die bekwame bestuur van Miné Verdoes.
Sy het haar kwalifikasies in Sportwetenskap bekom by Potchefstroom Academy en SAAHST en is ook gekwalifiseerd om advies te gee rakende 'n gesonde dieet.
'n Oud leerder van Langenhoven Gimnasium, maar 'n boorling van Beaufort Wes sien sy daarna uit om haar wortels neer te sit in Oudtshoorn.
Refleksologie is 'n holistiese prosedure wat verskeie gesondheidstoestande behandel deur druk toe te pas op sekere punte wat op die hande, voete, gesig en ore geleë is. Deur spesifieke sleutelpunte te masseer, word blokkasies verwyder en organe wat daarmee verbind word, genees.
Refleksologie verminder spanning, versterk die immuunstelsel, verlig pyn, stimuleer die senuweestelssel en bevorder algemene welstand.
Holistic Rebirth poog om kliente te adviseer en te help met pyn verligting, beter sirkulasie, gesonder slaappatrone, die dreinering van sinuskongestie, dieetkundige advies en die opstel van voordelige oefenprogramme, asook die verligting van verskeie gesondheidsprobleme en simptome.
Die voete word gewoonlik die meeste gebruik in refleksologie om gesondheidskondisies aan te spreek.
Volgens refleksologie word die drukpunte op die hande gebruik vir emosionele en verstandelike probleme, terwyl die gesig die beste area is vir verligting van sinus en alle gesigsverwante probleme. Die ore word gebruik vir alle oor, neus en keel kondisies.
Holistic Rebirth doen ook nie chirurgiese 'facelifts' en verwydering van 'n dubbelken.
Besigheidsure
- Maandag tot Vrydag: 08:00 - 17:00
- Saterdag: 08:00 - 14:00
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’