Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - 'n Nuwe era van natuurlike gesondheid en welstand het vir Oudtshoorn aangebreek met die opening van PotAround, 'n moderne winkel wat spesialiseer in hoë gehalte cannabis-produkte.
Hierdie unieke onderneming, geleë in die hart van die Klein-Karoo, bied 'n veilige, professionele en waardige ruimte vir mense om toegang tot cannabis-gebaseerde produkte te verkry, sonder stigma of ongemak. Hierdie is die tweede PotAround-winkel in die Wes-Kaap.
Agter hierdie onderneming staan Shehaam Simms, 'n plaaslike inwoner wat besluit het om aksie te neem ná 'n geliefde familielid met kanker gediagnoseer is.
"Ek het gesien hoe moeilik dit is om toegang tot goeie, betroubare produkte te kry. Dit voel asof mens dit skelm moet doen, in donker stegies en sonder leiding. PotAround is my manier om die narratief rondom cannabis te verander, van 'n gestigmatiseerde produk na iets wat jou welstand kan verbeter. Ons moet dit duidelik stel dat hierdie nie 'n kuur vir siektes is nie," sê Simms.
Volgens haar is die doel van die winkel om 'n gemaklike en insiggewende ervaring te bied.
"Ons verbintenis tot uitnemende gehalte, veiligheid en deursigtigheid laat ons uitstaan in 'n mark wat vinnig aan die groei is."
Wat bied PotAround?
By PotAround is jou welstand die kern van alles wat hulle doen. Die winkel bied 'n verskeidenheid produkte, waaronder eetbare produkte, konsentrate en olies en toebehore vir mens en dier.
Elke produk in die winkel is in 'n labora-torium getoets, sorgvuldig geformuleer en op 'n verantwoordelike wyse verkry. Of jy nou 'n ervare gebruiker is of nuuskierig is om meer te leer, PotAround sal jou die regte advies en produk gee.
Raak 'n lid
Om produkte by PotAround te koop, moet jy 'n geregistreerde lid wees. Daar is geen maandelikse paaiemente verbonde nie. Lidmaatskapvorms kan binne die winkel verkry word.
Besoek PotAround
Of jy op soek is na pynverligting, rustigheid, kreatiewe inspirasie of net 'n manier om die oomblik te geniet, PotAround het iets vir jou. Die winkel is in Queen's Mall in Voortrekkerweg geleë.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’