Advertorial Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO - Skaars 'n jaar nadat Sandra Snyman aan die bestuur van die onderneming, Life Style & Beauty, in St Johnstraat aangestel is, kan sy en haar span nie voorbly met hulle puik dienste nie.
Sy skryf die onderneming se gewildheid toe aan hulle wye aanbod van dienste en produkte en hulle persoonlike diens aan elke kliënt. Haar span bestaan uit sewe lede wat skoonheidterapeute, 'n haarkapster en naeltegnici insluit.
Pierre Hayward, eienaar van Life Style & Beauty, het ook die Professional Nail and Beauty agentskap oorgekoop wat gespesialiseerde produkte aan die publiek en ander salonne verskaf en bied ook opleiding in verskeie skoonheidsmodules aan. "Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te sê aan elke saloneienaar asook elke person wat ons tot dus ver besoek en ondersteun het," sê hy.
Life Style & Beauty is voorwaar 'n eenstop skoonheidsbestemming met dienste wat wissel van haarversorging, masserings, naelversorging, Medical Oxygen Therapy en verslanking.
"Met al die dienste wat ons lewer, spesialiseer ons in verslanking en met die bystand van besoekende dokters bied ons ook Botox, Fullers en die SCIO Sisteem (meeting van enige wanbalanse in die liggaam) in." sê Snyman.
"Ons oogmerk is nie om met ander soorgelyke besighede te kompeteer nie, ons fokus daarop om aan elke kliënt die beste diens te lewer om te verseker dat hulle weer en weer terugkeer en n verskil te maak. Ons glo daaraan dat elke persoon uniek is in hulle eie reg en ons gaan uit ons pad uit om seker te maak dat elkeen se innerlike- en uiterlike skoonheid na vore gebring word."
Sandra noem ook dat hulle dienste nie slegs vir dames is nie en dat ouderdom geen rol speel nie. Almal is welkom''. Ons bied ook spesiale pakkette aan vir voorbereiding van spesifieke funksies soos troues, matriekafskeid en nog vele meer."
Life Style & Beauty is voorwaar 'n eenstop skoonheidsbestemming met dienste wat wissel van haarversorging, masserings, naelversorging, Medical Oxygen Therapy en verslanking.
Vir spesiale aanbiedinge word kliënte genooi om Life Style & Beauty se Facebookblad te besoek of telefonies navraag te doen.
Om die professionele diens van Life Style & Beauty te ervaar skakel hulle by 062 905 6190 en 079 757 2877 of loer in by hulle perseel by St Johnstraat 137, Oudtshoorn.
Kyk video's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'