Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Theart Sementwerke vier vanjaar met trots hul 30ste bestaansjaar en saam met dit ook die opening van hul nuwe perseel!
Jacques Theart, eienaar van Theart Sementwerke, vertel sy pa, Christo Theart, het in 1994 die destydse Dalton Sementwerke gekoop en het 'n nederige begin gehad met slegs drie werkers, 200 gietvorms en een voertuig. Hierdie was die grondslag vir wat vandag bekend-staan as Theart Sementwerke.
"Ons het begin met die vervaardiging en installering van Vibracrete-mure, en het sedertdien gegroei tot 'n veel groter onderneming."
Hulle was voorheen op die hoek van Rademeyerstraat en Oostelikeweg geleë, maar het geskuif na hul splinternuwe, groter perseel in Tabakstraat 7, agter Swans Hardeware, waar Cango Engineering jare lank bedryf was.
Hierdie nuwe spasie stel hulle in staat om meer innoverend te wees en te groei. Die nuwe perseel het 'n moderne stoor wat hulle toelaat om van hulle gietvorms te vervang met die nuutste tegnologie en gaan hulle ook nou 'n stylvolle vertoonlokaal hê waar kliënte hul wye reeks produkte kan besigtig en sal daar ook beter parkering wees vir maklike toegang.
Theart het sy dank teenoor Built it Oudtshoorn uitgespreek.
"Veral Pieter Lottering, die eienaar, Stefan Visser en Wilco Benade wat altyd help waar dit nodig is."
Die besigheid het ook nou 'n nuwe WhatsApp-diens wat dit vir kliënte makliker maak om direk bestellings te plaas en vinnige antwoorde te ontvang.
Theart se bekwame span bestaan uit Keith Nortjé (algemene bestuurder) en Christo Nel wat jare lange ondervinding in boerdery en die konstruksie bedryf het.
Die span
Hulle spesialiseer in onder andere die lê van plaveisel, oprigting van Vibracrete-mure, alle tipes bouwerk, vervaardiging van sementprodukte soos Vibracrete-blokke, sementpale, sementblokke, civils en latei (lintels).
Theart Sementwerke verskaf ook bousand, pleistersand, ready mix en klip én lewer dit af.
- Besoek hulle gerus by hul nuwe perseel of kontak hulle vandag by 082 580 7654 of j.theart@hotmail.com om jou nuwe projekte aan die gang te kry!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’