Ten einde toepaslike ondersteuning te bied, word versoeke eerstens in een van drie kategorieë ingedeel, naamlik bestaansboerdery, kleinskaalse boerdery of kommersiële boerdery. Versoeke wat volledige inligting bevat word deurlopend by Elsenburg, die departement se hoofkantoor buite Stellenbosch, geprioritiseer. Met voorlopige goedkeuring vanaf Elsenburg word daar dan ’n besigheidsplan aangevra. Departementele landbouadviseurs verskaf leiding hiermee, maar die samestelling en inhandiging van ‘n geskikte plan met stawende dokumentasie bly die betrokke aansoeker se verantwoordelikheid.
Volledige planne word vanaf wykskantore na toepaslike komitees by Elsenburg vir oorweging en goedkeuring gestuur. Met finale goedkeuring vanaf Elsenburg word ‘n landbouprojek geregistreer. Projekimplementering, -monitering en -evaluering deur die departement volg hierop.
Skakel gerus jou plaaslike FSD ('Farmer Support and Development')-kantoor om uit te vind hoe die department jou kan bystaan:
- Oudtshoorn 044 272 6077
- Ladismith 028 551 1017